Argief | Januarie, 2008

Lux Mundi reik uit na Origstad

Lux Mundi Gemeente in Pretoria het ‘n jaarlikse uitreik program na Origstad, sedert 2004. Die program word gelei deur Ds Johan Taute, bygestaan deur Rudolph Zinn en Herbie Lindhorst. Programme wat gelei is sluit in boomplantings, plantings van kruise by gemeentes, die vertoning van die ‘Jesus Film’.

Onlangse foto’s van die uitreik kan hieronder gesien word.

Lees Meer

Die Belhar Belydenis

Die Belhar Belydenis is in 1986 amptelik deur die Sinode van die Nederduitse Gereformeerde Sendingkerk in Suider Afrika aanvaar. Dit het gevolg op die afkondiging van ‘n status confessionis in 1982, in verband met die verwerping van die verdediging van apartheid op morele en teologiese gronde.

1. Ons glo in die drie-enige God, Vader, Seun en Heilige Gees, wat deur sy Woord en Gees sy Kerk versamel, beskerm en versorg van die begin van die wêreld af tot die einde [...]Lees Meer

Werksaamhede van die VGKSA Noordelike Sinode

SINODALE KOMMISSIE, MODERATUUR EN UITVOERENDE KOMMISSIE

Wanneer die sinode nie in sitting is nie, word die sake van die sinode hanteer deur die Sinodale Kommissie, wat ringsgewys saamgestel is.  Die Uitvoerende Kommissie is ‘n kleiner liggaam, wat uit die moderatuur en ‘n klompie addisionele lede saamgestel is, en wat verantwoordelik is om spoedeiesende sake te hanteer.  Die moderatuur bestaan tans uit prof Thias Kgatla (moderator), dr Daniël Maluleke (assessor), dr Abel Kupa (aktuarius), ds Alet Pretorius (skriba), en dr Moime (assistent-skriba).

KOMMISSIES

Die [...]Lees Meer

Teologiese Opleiding

 Die opleiding van leraars staan onder toesig van ‘n kuratorium, wat ‘n gesamentlike kommissie van die VGK- Sinodes van Noord- en Suid-Transvaal is.  Die opleiding het tevore by die Turfloop Teologiese Skool by die Universiteit van die Noorde naby Polokwane (Pietersburg) plaasgevind.   Vanaf die begin van 2003 vind dit by die “Northern Theological Seminary” in Pretoria plaas, in samewerking met UNISA en UP.  Daar word van ‘n verskeidenheid tutors gebruik gemaak.   Daar is tans 47 studente wat besig is met [...]Lees Meer