Jy kyk na » Tuisblad » Donasies vir Gemeenskapsprojekte om Armoede te Bestry

Donasies vir Gemeenskapsprojekte om Armoede te Bestry

Help Ons om Armes te Help

 

Ons uitsluitlike doel is nie om ambisieuse projekte aan te pak en dit dan sentraal te probeer bestuur nie.  Ons doel is eerder om plaaslike gemeentes en gemeenskappe te begelei en bemagtig om die werk van armoedeverligting saam met ander vennote op plaaslike vlak aan te pak en op hierdie wyse eienaarskap vir hul projekte te aanvaar.  Soms is dit egter nodig om ‘n nuwe konsep of inisiatief bekend te stel deur middel van ‘n konferensie en uitgawes in verband daarmee aan te gaan of om ‘n loodsprojek in ‘n arm gebied te vestig waar die nodige fondse nie plaaslik beskikbaar is nie.  Hiervoor is fondse “van buite” wel soms nodig.  Om meer inligting oor sodanige projekte te bekom , kyk asb by “Fokusareas vir Gesamentlike Diens en Getuienis” en dan onder “Armoede”.  Indien u kans sien om ‘n bedrag by te dra, doen dit asb in ons tjekrekening “Sinodale Getuienisforum”, rekeningnommer 4059823174 by ABSA Silverton.  Merk asb u bydrae “Armoedeverligting” en faks indien moontlik ook u inbetalingstrokie na faks nr 0866 3069 39.     

No Comments »

Designed by HostingInSA.co.za | Sitemap