Gevangenesbediening Nuusbrief
NUUSBRIEF 2009 NEWS LETTER
REDAKSIONEEL
Ons jaarlikse nuusbrief is bedoel om belangstellendes te voorsien van inligting oor die bediening van die Evangelie in die gevangenisse. Die belangstellendes sluit in: voorbidders, donateurs, geestelike werkers en meelewendes. Dit behels gemeentes, selgroepe en individue.
Ons wil eerstens BAIE DANKIE sê aan almal wat gedurende die afgelope jaar getrou gebid het vir die werk in die gevangenisse. Alhoewel u nie fisies die gevangenis besoek nie, dring u gebede deur tot elke hoekie binne die dik, soliede mure en die swaar ysterhekke. U gebede is ’n onontbeerlike deel van gevangenesbearbeiding. Ons sê baie dankie aan alle geestelike werkers en werksters wat hulle talente, kragte en tyd wy aan die roeping om die Evangelie in gevangenisse in te dra. Dit is nie altyd maklik nie, maar gelukkig stel die Heilige Gees ons in staat om by alle omstandighede aan te pas. Nederigheid en geduld is twee van die belangrikste eienskappe wat ’n geestelike werker moet hê. Die geestelike werker moet hom/haar uit die aard van die saak neerlê by die reëls en regulasies wat vir besoekers geld. Tasse en klere word gevisenteer voordat jy die gevangenis mag binnegaan. As jy eers binne is, moet jy wag totdat die selle oopgesluit word sodat jou “gemeente” by die venue kan opdaag. Sommige dae daag party nooit op nie, omdat die betrokke sel om een of ander rede nie daardie dag oopgesluit is nie.
As jy eers aan die gang is met die diens of die Bybelstudie of gesprek, word die vertrek herhaaldelik gevul met die oorverdowende geskal van die luidspreker, wanneer ’n inwoner oor die interkom geroep word vir ’n besoek of ’n onderhoud. Die beste is om maar jou rede te hou totdat die aankondiging afgehandel is.
Oor die algemeen het ons geestelike werkers baie goeie samewerking van die gevangenispersoneel. Om goeie samewerking te kweek en te behou is dit noodsaaklik om te alle tye vriendelik, onderdanig en geduldig te wees, en om jou onvoorwaardelik aan die reëls en die reëlings van die gevangenis te onderwerp.
’N BESONDERE WOORD VAN DANK AAN ONS DONATEURS. Dit behels gemeentes, verenigings, selgroepe en individue. Die Here Jesus het gesê: “Maak vriende met die onregverdige Mammon” Geld is een middel in die hand van die Here om Sy Koninkryk uit te brei. Elke bekeerling word voorsien van ’n Bybel wat hy/sy na ontslag huis toe neem. Christelike lektuur word uitgedeel aan almal wat dit wil ontvang. Hulle het baie tyd en is gretig om te lees. Soms het gevangenes behoefte aan klere wanneer hulle vrygelaat word. Van tyd tot tyd word konferensies of byeenkomste gereël vir geestelike werkers en belangstellendes om mekaar beter te leer ken en om inligting uit te ruil. Dan word geld benodig om hulle honger en dors te bevredig. Baie, baie dankie aan Dibukeng Boekwinkel wat ons finansiële boekhouding gratis behartig. Administrasie behels ook koste, soos posgeld en papier. Hierdie nuusbrief gaan met koste gepaard. Ons innige dank aan Anker Drukkers in Pretoria wat dit drukwerk teen ’n baie spesiale fooi doen.
Ons vertrou dat die inhoud van hierdie nuusbrief vir elke leser sal aanspoor om te volhard in sy of haar bediening aan die gevangenes, hetsy deur gebede of gawes of getuienis.
REGSTELLENDE GEREGTIGHEID (RESTORATIVE JUSTICE)
Regstellende geregtigheid beteken om botsende partye by mekaar uit te bring met die oog op versoening. Dit kan nie geskied sonder berou en belydenis aan die kant van die oortreder en vergiffenis aan die kant van die slagoffer of betrokkene nie. Dit is ’n uiters moeilike en ingewikkelde proses, wat alleen moontlik is deur die kragtige werking van die Heilige Gees in al die betrokke partye
Sommige gevalle is relatief maklik, terwyl ander weer ontsettend moeilik is.
Die Departement van Korrektiewe Dienste is sterk ten gunste van so ’n operasie, maar vanweë gebrek aan die kundige personeel word weinig op georganiseerde wyse daaraan gedoen.
In Pollsmoor-gevangenis is ’n aksie aan die gang wat goed op dreef is en goeie resultate oplewer.
Ds Koos Oosthuyzen verduidelik: “Die Hope Prison Ministry bied ’n verskeidenheid van interkerklike dienste vanuit ’n Christelike motief vir beide manlike en vroulike gevangenes aan, vanaf eredienste “teologiese opleiding” (eufemisme vir basiese kursusse in Bybelkennis en Christelike gedrag), “vooglike bystand” aan jeugdiges, ens, en dan herstellende geregtigheidskursusse en nasorg (restorative justice).
Die leiding word geneem deur Jonathan Clayton en sy vrou Jenny wat beide uit die bruin gemeenskap afstam. Hulle is albei opgeleide leraars van die Baptistekerk. Voor sy bekering en opleiding as leraar was Jonathan vir drie jaar in die tronk weens bedrog en hy ken ’n tronk deur en deur. Hulle het albei dinamiese persoonlikhede en is baie goeie kommunikeerders. Hulle het ook in Kanada oor herstellende geregtigheid gestudeer.
Die “Restorative Justice” kursusse bestaan uit ’n weeklange sessie van net na nege in die oggend tot net voor drie die middag met ’n groep van tot 48 gevangenes. Dit word binne in die gevangenis aangebied. By Medium B in Pollsmoor bied ons dit in ’n kleinerige saal binne in die gevangenis aan, of as ons die geld daarvoor het, in ’n markiestent wat ons in die binneplein opslaan. In Wellington se gevangenis, waar jeugdiges aangehou word, is daar ’n reeks klaskamers binne die gevangenisterrein en is een klaskamer aan ons afgestaan. Na die kursus word weekliks ’n tweeuurlange opvolg byeenkoms gehou.
Dit is ons uitgesproke beleid om met maatskaplike werkers en sielkundiges van Korrektiewe Dienste saam te werk. By geleentheid woon maatskaplike werkers van ons aanbiedings by en in toepaslike gevalle pleeg ons met hulle oorleg en verwys kliënte na hulle. Ons het nog nooit probleme met dissipline gehad nie, maar daar is gewoonlik ’n bewaarder of twee in die rondte. Sommige is ook nuttig as fasiliteerders.
Hope se span bestaan uit ’n programleier en ’n span fasiliteerders, te wete vrywilligers uit ’n wye spektrum van teologiese en kerklike agtergronde saamgebind deur die ywer om die kliënte te help om van ’n misdadige na ’n verantwoordelike ingestelheid te beweeg. Ideaal sit vier kliënte en twee fasiliteerders saam om ’n ronde tafel, waar sake bespreek kan word en aktiwiteite wissel tussen algemene inleidings deur die leiers of ander persone, bespreking rondom die tafels en die invul van vraelyste vir persoonlike nadenke.
Bywoning van die kursus is volkome vrywillig en almal is welkom om vir toelating aansoek te doen. Ons verduidelik dat ons dit as Christene doen en met gesang en gebed begin, maar ons respekteer almal
se oortuigings en probeer niemand bepreek en godsdienstig bekeer nie. (Ons is wel altyd beskikbaar vir enigiemand wat gedurende die kursus besef dat bekering eintlik is wat hy nodig het en deur die genade kan ons dan ook baie kliënte help om nie net met hulle medemense nie, maar ook met God, hul verhouding reg te stel.)
Die doel van die kursus is om jou ingesteldheid van misdadig na verantwoordelike om te skakel. Jy word gewys op die selfsugtigheid en disrespekvolheid van misdaad. Misdaad tref nie net direkte slagoffers nie, maar ook beide die slagoffer en die misdadiger se familie en trouens die hele gemeenskap. Polisiefoto’s van gruwelike misdaadtonele is eenkant te sien vir wie wil kyk. Sover moontlik word slagoffers van misdaad gevind om hulle ervarings te kom meedeel. Kennis word geneem van mense soos Saggeüs wat hul ingesteldheid verander het en restitusie gedoen het. Deugde soos betroubaarheid, eerlikheid, waarheidsliewendheid en integriteit word bespreek. Wanpersepsies en selfmisleidende denke word aan die kaak gestel. Gerehabiliteerde misdadigers se getuienisse word aangehoor. Alleen deur verantwoordelikheid vir jou dade te neem is ware vryheid berekenbaar. Te alle tye word kliënte uitgedaag om hul gedagtes en gevoelens met ons te deel. Moenie vir ander preek nie- sê hoe jyself voel.
As eerste stap van versoening kan kliënte twee naby familielede aanwys wat na die Saterdag se byeenkoms genooi word. Hulle word gevra om van aangesig tot aangesig aan hul familielid te sê hoe hulle voel oor sy misdaad en hy kry kans om te reageer. Harde manne staan daar en huil op hulle oumas se skouers.
Moeiliker, maar in sommige gevalle moontlik, is versoening met slagoffers of hul familie. Dit word later per afspraak en met bemiddeling deur Jonathan en van die meer ervare en kundige fasiliteerders behartig.
Ds JC Oosthuyzen
IMMEMORIAM: DR WILLIE RAUTENBACH
Dr. Willie Rautenbach, Kinder Evangelis by uitstek, siele-wenner en leier van die organisasie WWA, is op 19 Maart 2009, vroegoggend oorlede. Ons bring hulde aan sy bediening oor baie jare beide binne die onderwys, waar hy diep spore getrap het en in die sakesektor, waar hy ’n ware Kingdom Businessman was wat besigheid as evangelisasie voertuig gebruik het. Hy het gevangenisse dwarsdeur die land besoek met sy evangelisasiespan en ook selfs in die buiteland op die eiland Rodrigues.
Vir baie jare het hy die kinders by Magalies-oord, dwelmverslaafdes, elke Sondag besoek en deur middel van sportprogramme die evangelie aan hulle bedien. Die ewigheid sal openbaar die duisende jongmense wat so deur middel van skoolbesoeke en kampe landswyd bereik is. Hospitale, weermagkampe, kolleges en universiteite, asook plase is landswyd bereik..
Sy besoeke aan Rusland en die Oosbloklande en Wes Europa, dikwels saam met die bekende prediker Joseph Chauke, is welbekend. Hy is ook welbekend in Mosambiek en die Indiese Oseaan eilande, waar hy selfs jeugkampe aangebied het. Dit was ’n voorreg om klein stukkies van sy pad met hom te wandel en as sy intersessor op te tree oor ’n aantal jare. Ons loof die Here vir sy lewe en getuienis! Ons bid die Here se genade en vertroosting vir sy vrou en groot gesin.
Ek sal jou nie maklik vergeet nie Willie.
Pieter Brink
GEBEDSVERHAAL: 24/7 GEBEDSWAG IN DIE SUN CITY GEVANGENIS
Hoe het die gebedswag begin?
Johannesburg Gevangenis is nie ’n plek waar enigiemand wil woon nie. Dit word ook Sun City genoem omdat die helder sekuriteitsligte 24/7 brand. Ongeveer 11 500 gevangenes beset die oorbevolkte selle van vier gevangenisgeboue (genoem A, B, C en Vroue).
Maar nou het die Son van Geregtigheid in en deur Sun City begin skyn omdat meer as 400 gevangenes dag en nag in 73 24/7/365 gebedswagte die Naam van die Here aanroep. Die gevangenes in hierdie gebedswagte bid ’n gemiddeld van 12 uur per dag – terwyl hulle die Here vertrou om hulle te help om mettertyd die volle 24 uur per dag te dek! Gevangenes roep uit na Jesus Christus, die Seun van God, dat herlewing in Sun City sal uitbreek. Hulle bid vir Johannesburg en vir Suid-Afrika en ja, hulle bid vir jou!
Dit het alles in 2006 begin toe die Jerigo Mure Internasionale Gebedsnetwerk in Witwatersrand gereageer het op oproepe uit die Johannesburg gevangenis om hulle oor gebed te kom leer. Ons was geskok toe ons uitvind dat slegs vyf permanente personeellede verantwoordelik was vir die geestelike welsyn van 11 500 gevangenes – die kapelaan en ’n geestelike werker in elke gevangenisgebou. Omdat daar baie Christengevangenes was wat gretig was om te leer bid, is ’n kursus wat die 24/7 Prayer and Care Lifestyle Course genoem word, ontwikkel om hulle te leer bid.
Vyftien gevangenes van die Vrouegevangenis van Sun City was eerstes wat die kursus voltooi het. Hulle het tien 24/7 Gebedswagte gestig, waar hulle tesame met ander Christengevangenes bid! Toe was daar ’n GROOT VERRASSING. Nege van die suksesvolle studente wou as leiers (aanbieders)
opgelei word! Van hierdie nege het sewe die kursus suksesvol voltooi wat weer op hulle beurt 66 gevangenes opgelei het met Jerigo Mure se personeel slegs as toesighouers oor die proses. Een van die vyf modules van hierdie kursus handel oor 24/7 gebedswagte en moedig elke student aan om ’n 24/7 gebedskoödineerder te word. Daarna word hulle aangemoedig om ander gevangenes te werf om daagliks ’n gleuf in die gebedswag te beman. Watter wenke het julle vir ander wat so ‘n gebedswag wil begin?
Om ’n gebedswag in ’n gevangenis te begin, moet jy baie geduld en tyd hê en die Here se liefde vir gevangenes en hulle bewaarders. Die beste manier om te begin is om die bestaande 24/7 Prayer and Care Lifestyle Course in die gevangenis aan te bied. Hulle wat die eerste kursus bywoon sal
waarskynlik ook die eerste gebedswag (of –wagte) begin. Dit is belangrik om tydens die aanbieding op die uitkyk te wees vir potensiële leiers (kursusaanbieders). Aanbieders uit die gevangenesgeledere sal jou werk dupliseer, maar hulle het jou voortdurende ondersteuning nodig.
Waarvoor moet julle versigtig wees?
Julle verteenwoordig Christus by die gevangenis-owerhede en gevangenes (Christene sowel as nie-Christene). Moenie moedeloos of kwaad raak as hy in rompslomp vasval, skedules nie uitwerk nie; beloftes nie nagekom word nie en jy ure lank voor geslote deure moet staan (of daar agter). Asseblief, kom al jou beloftes na. Bereken die koste voordat jy begin – die prys is hoog, maar die beloning groot.
Watter opleiding verskaf julle vir mense wat belangstel in 24-uur gebedswag in ’n gevangenis ?
Die 24/7 Prayer and Care Lifestyle Course word eenmaal ’n jaar i Pretoria aangebied ( op 13-14 Augustus 2009) of in plaaslike streke of by spesifieke gevangenisse waar daar genoegsame belangstellig uit die gevangenes of van die gevangenisgroep se geestelike werkers is. Jy kan ’n rol speel in die organisering van sulke opleiding. (Kontak Elize by Jerigo Mure Internasionale Gebedsnetwerk se Pretoria-kantoor of Willie Joubert of Michelle Coetzee by die Witwatersrand-kantoor).
Sien julle enige vrug op julle gebede?
Daar is geweldige groei in die aantal gebedswagte in die gevangenisse! Die geestelike atmosfeer in die gevangenisse waar die meeste gebedswagte opereer, naamlik Medium B en C, het verander. Gevangenes sowel as bewaarders, getuig hiervan. Die bewaarders het ook nou gevra om in gebed opgelei te word omdat hulle gesien het hoe gevangenes se lewens verander. Hier volg Mohammed (nie sy regte naam nie) van Medium B se storie:
Mohammed is gevonnis vir aggressiewe gewapende roof. Hy het een van die eerste klasse van die 24/7 Prayer and Care Lifestyle Course bygewoon. “Dit het my lewe verander. Ek het geleer om te bid en met God te praat. Ek het besef hoe belangrik 24/7 gebed is. ’n Nuwe lewe het binne-in die gevangenis vir my oopgegaan. Ek het begin om deurentyd vir almal rondom my te bid volgens die beginsels van die Lukas 10 Transformasie”.
Hy het ook ’n 24/7 gebedswag begin wat 24 uur per dag elke dag opereer. Mohammed het onmiddellik aangebied om ’n aanbieder van die kursus te word en nadat hy die opleiding vir kursus-aanbieders ontvang het, het hy 69 ander gevangenes opgelei en minstens 30 van hulle gemotiveer om 24/7 gebedswagte in hulle afdelings te begin.
DS GAWIE JORDAAN
EXTRACTS FROM TSHEPO’S LETTERS TO HIS FATHER IN ZONDERWATER PRISON.
25 MARCH 2007
Dear Daddy,
We as your children are very happy to write this letter to you. We just want to tell you that we miss you so much. We can feel your absence at home.
This year I am in grade 12, and I know that I am going to make it. Lebo is in grade 4 and she is missing you a lot. Mum has everything under control.
Sometimes late at night I could wake from a dream that I thought was real, because I could see you in my dreams. That is when I realize that I really need to communicate with you.
You are in my heart where I could remember each and everything that you have taught me, from the days when I was a small boy. I will live according to your principles and instructions. All the advice that you gave me are very helpful. I made a promise to myself to tell you how much you mean to me, so that I can avoid the circumstances where there is no second chance.
18 JANUARIE 2008
To my lovely father,
I write this letter to you to show you that you are always remembered at all time. I hope that you are still fine and that you are coping with the situation. I am still waiting for you to came back home, because the surname Makudu is not complete without a super daddy like you.
Everything is going OK and Mum is trying very hard to control the situation. This family is not the same, because you are temporarily away from us. Financial wise Mum is trying so hard to provide for the family.
The people that did this to you think that they want to prove a point, but actually the are making you more stronger mentally and spiritually. Just use every opportunity in there to build up yourself.
I will always love you and I will not cross the boundaries you told me not to cross. You have been a great and wonderful father that I have never seen in this world. When I think of all the moments that we shared together, I feel your presence and it feels like heaven on earth.
Soon you will be out. It might be today, tomorrow or the next 2, 3, 4 or not matter how many months, days or years, you will be back and you will be welcomed with warm hands. Now that I have completed matric, I hope that I will be fortunate enough to get a bursary, and when you come back you will find me being someone who works in die medical field.
By using prayer as a weapon that we can use to fight against all obstacles, we will finally achieve the dream that we all dream of, coming together as a family.
LOVE YOU.
8 APRIL 2008
Dear Super Dad,
The main purpose of this letter is to tell you that you are always remembered, loved and always in my heart. Life without you is difficult because you are the core of my heart and I miss you every second of the day.
Please be strong and maintain that positive attitude because one of the good days you will be out of prison. I will always love you with all my heart.
I am now at University of Limpopo, studying B.Sc (Medical Science) and everything is going according to plan. Even though I wanted to study Medicine, I could not because of the late application due to last year’s strike and the financial situation of the family. Knowing that Mum is doing her best to keep the family strong. We pray for you every day and we know that you will be out soon.
30 APRIL 2008
Dear Daddy,
I have these powerful words that I want you to read:
1. Experience is not what happen to you, but is what you do about what happened to you.
2. When you think of giving up, why did you hold on for so long in the first place?
3. What lies before us and what lies behind us is nothing compared with what lies within us.
4. Those who try something and fail are infinitely better than those who do nothing and succeed.
5. Many lives who do not make it are people who do not realize how close they were to success
when they gave up.
What I want to tell you is that you have held on for so long, the only thing that you need to have is perseverance and belief that God is doing everything for a reason. You are not alone. God is with you and every one is with you.
09 MAY 2008
Dear Daddy,
I am very happy to write a letter to you again. I write this letter to tell you about my progress and to remind you that you are remembered, loved and missed.
This year I am doing 16 modules. Everything up to this time is OK. I have scored above 75% in most of my modules. If I could score an average of 75% in all my modules, next year I am not going to pay the registration fee of about R5000.00. I scored 75% in grade 12 at school, so I got free registration for this year which cost R4 200.00.
What I have realized is that I was not only saving money for Mum, but I was doing it for myself, because one should take in consideration that the only person that will cheat me out of success is no one but me.
I have printed this letter personally to show that I respect and appreciate you for who you are, no one in this world makes the best daddy like you.
Your son Tshepo.
VICTORY OVER CRIME AND IMPRISONMENT
Crime is the unlawful act which can only be committed by a human being. It does not only affect the victims and the community and the State, but also the offenders themselves.
There are quite a number of elements that cause poverty, and crime is one of those top elements. Crime is a cursed act not only by God, but also by the victims and the community at large.
If you trust in crime then evil will be your reward. You will be beaten up by the community or get arrested and sentenced even to life – sentence in prison. You will be disgraced, despised, humiliated and stigmatized. People will regard you a scum, a worthless person.
Prison in its physical existence is a place of darkness. It is like a grave. When a ghost wakes up in a graveyard it cannot go beyond the graveyard boundaries. It is by its nature limited to the grave yard and the place of darkness. Prisoners are prevented to go to the outside world because of the nature that brought them in prison. Prison darkness seeks a place to settle in the hearts of the inmates. They are regarded as dangerous to the community, and it manages to get it in a sense that prison is a place of intense melancholy, dejection and despondency. This is the state of deepest gloom and gloom is the cloud of darkness that envelopes man’s heart and it gradually kills your hope, happiness and peace.
Your mind in prison becomes so imaginative. You imagine negative things especially in respect of your family, your life and future. There are questions flashing and rolling in your mind asking yourself: how is my people getting on outside?; what if they die in the time I am in prison?; when I am released, will the society accept me back?; am I going to get a job?; what if I die in prison? These questions create more darkness in your life, because you do not get answers to them.
In prison you are limited to time and space. You wear clothes which you do not like. Prisoners discuss unconstructive things. They discuss things regarding crimes they committed and how they were unfairly sentenced. They talk about crimes which they committed without being arrested. They gossip about their fellow inmates and members of Correctional Services or Social Workers. They spend their time planning how to smuggle dagga and stuff into prison.
Nevertheless, there is victory over crime and its results through repentance and faith in Jesus Christ. This is only possible when you are still alive on earth. Christ became a curse on our behalf (Gal 3:13). He was arrested for our crimes (Mark 14:46). He was rejected by the community and leaders. He was counted with criminals (Luke 22:37). He was disgraced, stigmatized and humiliated like a criminal. (Isaiah 53:3, 5.) When we accept Jesus and believe in Him, we have victory over crime and its results.
Halleluja! Amen!
J.F. NGUBANI
Vir meer besonderhede kontak asb ds Hannes Venter by hannes.venter @ mweb.co.za


25 Julie 2009 







No comments yet... Be the first to leave a reply!