Met Liefde My Broer 2: Agtergrond Judea Forum
2.
Agtergrond
Agtergrond van Judea Getuienisforum
Die Judea Getuienisforum is ‘n niewinsgewende organisasie wat deur die Ring van Pietpotgietersrus van die NG Kerk en die Ring van Potgietersrus van die VG Kerk gestig is. Die geografiese gebied beslaan die gebied waar uit die twee Ringe bestaan.
In die VG Kerk is nege gemeentes wat deur Judea se werk geraak word, Mookgopong in Naboomspruit, Mokopane en Potgietersrus in Mokopane (Potgietersrus), Bakenberg tussen Potgietersrus en Marken, Waterberg by Vaalwater, Seleka tussen Ellisras en Swartwater, Limpopo by Rebone (Steilloop), Marapong by Matimba Kragstasie by Ellisras en Machaneng by Steenbokpan.
Daar is ongeveer 8000 lidmate en tans 3 predikante en een evangelis. Daar is 67 eredienspunte in die gebied. ‘n Groot deel van die werk word deur lidmate met geen teologiese opleiding gedoen.
Judea Getuienisforum het drie doelwitte nl. 1) Bou van Verhoudings, 2) Toerusting en Opleiding en 3) Ondersteuning.
Finansieel word Judea ondersteun deur NG Kerk se Gemeentes, VG Kerk Gemeentes en lidmate van die kerke.
Armoede
Een van die groot probleme in die VG Kerk se gebied waar ek betrokke is, is armoede. Dit is ‘n plattelandse gebied waar daar baie hoë werkloosheid is. Die gemeentes kry regtig swaar.
Een van die predikante wat voltyds in ‘n gemeente staan, het tot in 2006 ‘n inkomste van R 2900 verdien. Dit sluit sy reiskoste in. Trek daarvan belasting en pensioen af en kyk wat bly oor. Hy het wel ‘n huis by die gemeente gekry. Hy is altyd onder druk, ook aangesien sy gemeente geografies nogal groot is en hy baie aktief by die Ring se sake betrokke is.
Ek weet van baie geleenthede waar hy nie geld gehad het vir kos vir sy familie nie. Ek het ‘n keer saam met hom gery toe vertel hy dat hy sy kinders die vorige aand na vriende gestuur het om daar te gaan slaap, in die hoop dat elkeen daar kos sal kry. Hyself het twee dae laas geëet. Ek was aanvanklik bietjie skepties oor die hele storie, tot ek gesien het hoe hy ‘n bord kos aanvat. Toe weet ek dit is die waarheid.
Hy het ook somtyds nie geld gehad om mense te gaan besoek waar daar sterfgevalle was nie. Sy motor is in ‘n vreeslike toestand.
Terwyl hy so min verdien het,was daar soms nie genoeg geld in die bank vir sy salaris nie. Soms het ons gemeente vir hom geld voor geskiet sodat hy kon leef. Ek het selfs na kerkraadslede gery en geld wat bydraes en kollekte was, bymekaar gemaak totdat daar genoeg was dat sy tjek by die bank kon deur gaan.
Deur al hierdie omstandighede is ds Jopi Makgae nog steeds in die bediening en doen hy sy werk so goed as wat hy kan in sy omstandighede.
Die meeste kerk geboue is besig om uit mekaar te val. Daar is nie geld vir onderhoud nie. So is daar as een voorbeeld die kerk gebou by die George Masebe Hospitaal wat die grasdak reeds ‘n groot gat in het waar die gras weg gevrot het. Die kerk gebou was saam met die hospitaal deur die NG Kerk gebou as ‘n sending stasie.
Die armoede binne die platteland beïnvloed die werk van die kerk. Planne sal gemaak moet word om die werk te kan voortsit.


15 Mei 2008 







No comments yet... Be the first to leave a reply!