Ons Personeel
Ons personeel bestaan in werklikheid uit ons totale beheerliggaam van twaalf lede, drie van die NG Kerk Noord, drie van die NG Kerk Oos en ses van die VGKSA Noord. Ds Thinus Grobler van Noordoos-Pretoria gemeente is die voorsitter. Hy dien op die SGF in sy hoedanigheid as Noordelike Sinode se voorsitter van die Diensgroep vir Getuienis. Dr Gustav Claassen van Monumentpark-gemeente dien in sy hoedanigheid as voorsitter van die Diensgroep vir Gemeenskapsbetrokkenheid. Die derde lid van Noordelike Sinode is dr Danie Jordaan van Ellisras-gemeente. Ds Johan Koen van die gemeente Burgersfort is verteenwoordiger van Oostelike Sinode in sy hoedanigeid as Diensleier vir Getuienis. Die ander lede van Oos is ds Johann Fourie in sy hoedangiheid as voorsitter van die CMR Gauteng-Oos, van Pretoria-Faerie Glen gemeente, en mev Cecile Petzer van die CMR Mpumalanga. Van die VGKSA Noord se kant dien dr SD Maluleke as saakgelastigde en direkteur van KAN (Kerklike Aksie Noodhulp) in daardie hoedanigheid op die SGF. Ds Hudson Mathebula van die VGKSA Witbank-gemeente dien op die SGF in sy hoedanigheid as voorsiter van die VGKSA Noord se Bediening vir Diens en Getuienis (“Ministry for Service and Witness”), en ds Sipho Mokoena van Ohrigstad-gemeente, as sekretaris van die “Ministry for Service and Witness”. Die ander lede van die VGKSA is ds David Legodi van Nylstroom-gemeente, ds Joseph Sekgogoba van Belfast-gemeente en ds Joseph Pejane van Irene-gemeente.
Die voltydse personeel bestaan slegs uit een persoon, wie se taak hoofsaaklik bestaan uit ‘n netwerk-funksie en die fasilitering van samewerkingstrukture in die vorm van plaaslike getuienisforums, tussen die VGKSA Noordelike Sinode en die NG Kerk Noordelike- en Oostelike Sinodes.
Hierdie werk word in noue samewerking met dr SD Maluleke, die saakgelastigde van die VGKSA Noordelike Sinode en direkteur van KAN, gedoen, asook in noue verband met die amptenare van die twee NG Sinodes. (sien die foto van dr Maluleke by die werksaamhede van die VGKSA Noordelike Sinode)
|
||
|
||
Telefoon: (012) 991-1611 of 083-276-4476
Webtuiste: getuienisforum.org.za

