Kerkbouprojek Ivory Park

KERKBOUPROJEK VGKSA-GEMEENTE IVORY PARK

Die VGKSA-gemeente Ivory Park bestaan reeds tien jaar en word bedien deur dr SD Maluleke as tentmaker-leraar. Hy dien ook voltyds as saakgelastigde van die die VGKSA  Noordelike Sinode.

Die gemeente is geleë in ‘n snelgroeiende area, waaronder die woongebiede Ivory Park, Ebony Park, en Kalkrand.  Die gebied beleef ‘n geweldige invloei van mense en verskeie plakkerskampe het reeds ontstaan.   Die bediening aan hierdie gemeenskappe stel geweldige hoë eise aan die gemeente.  Gedurende die afgelope jaar het die kerkraad dan ook van twee afsonderlike evangelisasiespanne gebruik gemaak om die gemeente toe te rus en met die evangelie  na die gemeenskap uit te reik.

Die sosio-maatskaplike nood van hierdie gemeenskappe roep om betrokkenheid van die kerk.  Die gemeente het dan ook geleentheid aan die CMR gebied om  tydelike fasiliteite op te rig as kantore vir twee maatskaplike werkers. 

Die gemeente het met die ondersteuning van die NG Gemeente Halfweghuis daarin geslaag om ‘n stuk grond van 1 hektaar te verkry in die naam van die Tsakani Trust, wat spesifiek vir hierdie doel opgerig is.  Verskeie onwikkelinge is reeds aangepak, bv die bou van ‘n evangelistehuis en die omheining van die perseel met ‘n pallisade-heining.  Die gemeente Halfweghuis het  R50 000 beskikbaar gestel vir die heining en die gemeente Ivory Park het self ongeveer R30 000 hiervoor ingesamel.  Die gemeente  het intussen aangegroei tot ‘n lidmaattal van 364 belydende lidmate en ongeveer sestig kinders, en aanbid reeds die afgelope sewe jaar in ‘n tent.     Die behoefte aan ‘n doelmatige gemeentesentrum het nou akuut geword, veral as die noodsaaklikheid om die maatskaplike nood van die omliggende gemeenskappe  aan te spreek, in gedagte gehou word. 

Dit moet beklemtoon word dat die kerkraad onder leiding van br Maluleke die beginsel onvoorwaardelik aanvaar het dat hierdie beplande gemeentesentrum as ‘n gemeenskapsentrum aangewend sal word, in ooreenstemming met die dit wat wat die afgelope tyd in die kerk bekend geword het as ‘n “Sentrum van Hoop”.   

‘n Plan is reeds opgestel vir ‘n doelmatige gemeente-/ gemeenskap-sentrum. Dit maak voorsiening vir sitplek vir ongeveer 400 mense, en sluit ‘n konsistorie, kerkkantoor, kombuis, toilette, kuier-area en twee CMR kantore en gepaardgaande ontvangslokaal in.  Die CMR het reeds  ongeveer R25 000  ingesamel as bydrae tot hulle beplande fasiliteite, wat deel van die sentrum sal uitmaak.    Die kosteberaming vir die totale projek is nog in  proses, maar dit kan uiteindelik in die omgewing van  R 900 000 wees. 

Die projek word in fases aangepak, en die eerste fase was die oprigting, teen die einde van 2007, van ‘n staalstruktuur van 15 by 27 meter, deur ‘n betroubare kontrakteur, teen ‘n totale koste van R115 000.   ‘n Bedrag van R50 000 wat as ‘n donasie van ‘n anonieme skenker by ds Koos Beukes se evangelisasie-aksie ontvang is,  is as deposito aan die staalkontrakteur betaal en ‘n verdere R40 000 uit sy fondse en R25 000 van die NG Gemeente Halfweghuis het daartoe bygedra dat die  staalkontrakteur betaal kon word.  Intussen het die gemeente Kerksondermure ‘n bedrag van R60 000 geskenk.  Dit help ons om so gou as moontlik te begin met die fondamente en die vloer.   ‘n Woord van hartlike en opregte dank word hiermee uitgespreek teenoor almal wat so ver bygedra het.

Soortgelyke artikels:

Twitter Digg Delicious Stumbleupon Technorati Facebook Email

No comments yet... Be the first to leave a reply!