Judea Getuienisforum

Judea Getuienisforum se Veslag aan die Sinode

 Agtergrond

Die Judea Getuienisforum werk in die gebied wat deur die NG kerk se Ring van Pietpotgietersrus en die VG Kerk se Ring van Potgietersrus in. Die dorpe wat binne die gebied van is Roedtan, Mookgopong (Naboomspruit), Vaalwater, Lephelale (Ellisras), Steenbokpan, Swartwater, Marken, Steilloop en Mokopane (Potgietersrus).

Daar is 9 VG Kerk gemeentes met ongeveer 7500 lidmate met 4 leraars en 3 evangeliste. Daar is 67 eredienste wat elke Sondag gehou word. Ten minste 60 eredienste, sondagskool , CWM (vrouediens) en CYM (jeug) word weekliks deur ander lidmate as predikante en evangeliste gehou.

 Doelwitte

Die belangrikste doelwit is om verhoudinge te bou. Dit sluit skakeling tussen lidmate van beide kerke in.

Aangesien daar baie werk in gemeentes gedoen word deur lidmate met geen teologiese opleiding nie, word elke jaar ‘n reeks werkswinkels en kampe gehou om mense te bemagtig om meer effektief in hulle gemeentes te werk

Met die ondersteuning van hoofsaaklik lidmate en gemeentes van die NG Kerk probeer ons waar die behoefte bestaan die gemeentes help met infrastruktuur soos die voltooing van kerk geboue aangesien ‘n groot persentasie van eredienste in skole, huise of onder bome gehou word. ‘n Kerk gebou is baie belangrik vir die gemeentes.

 Werkswinkels

Gedurende 2003 is werkswinkels in elk van die 9 gemeentes van die VG Kerk gehou. Die fokus was op die kerkraad en verskeie onderwerpe soos Prediking, Gemeentebou, Finansiele Bestuur, Evangelisasie en Vigs berading was behandel. Die werkswinkels is bygewoon deur 187 kerkraadslede.

Gedurende 2004 is werkswinkels in al die VG Kerk gemeentes aangebied en was die fokus op die jeug. Onderwerpe soos Drank- en alkohol verslawing, Bybelstudie, Evangelisasie en Finansiele Verantwoordelikheid. Die werkswinkels is deur 83 jongmense bygewoon.

Twee jeugleiers is ook deur Judea geborg om ‘n werkswinkel “No apologies” by te woon. Dit het gehandel oor morele vrae en ‘n christelike lewenstyl.

Gedurende 2005 word werkswinkels in al die gemeentes gehou as opvolg vir die kamp van 2004 oor Suksesvolle Gemeentes.

 Kampe

Gedurende 2003 is ‘n naweek kamp vir ouderlinge gehou. Die tema was “Praktiese leierskap in gemeentes”. Dit is deur 70 Ouderlinge bygewoon.

Die Ouderlingkamp ver 2004 was bygewoon deur 59 Ouderlinge. Die tema was “Kenmerke van suksesvolle gemeentes”.

Vir 2005 word ‘n Ouderlingkamp beplan met die tema van “Gebruik jou Gawes”.

‘n Jeugkamp is gehou in 2004 en is deur ongeveer 200 jongmense bygewoon. Die tema was “Ons jeug vir Christus”.

Kampe oor verhoudings word beplan vir die jeug gedurende 2005.

 Ondersteuning

Gedurende 2004 is ‘n kerk gebou by Leyden (Bakenberg) met die hulp van Judea voltooi en ingewy.

‘n Kerkie by Sandsloot (Mokopane) is voltooi en word ingewy gedurende Julie 2005

Jesusfilm

Die Jesusfilm is by verskeie geleenthede vertoon. Dit het by elke geleentheid baie positiewe resultate gehad

Daar bestaan baie goeie onderlinge verhoudinge. Lidmate van beide kerke is betrokke by Judea Getuienisforum en die gesindhede van baie mense het reeds verander. Die Here seen Sy werk.

Soortgelyke artikels:

Twitter Digg Delicious Stumbleupon Technorati Facebook Email

No comments yet... Be the first to leave a reply!