Getuienisforum van Mamelodi-Lusaka verslag November 2007
OPSOMMING
In ‘n tyd waarin terme soos ‘gemeenskap’ en ‘gemeenskapskerk’ begrippe geword het wat deur heelparty van ons gebruik word, is die werk van die Getuienisforum van Mamelodi-Lusaka meer as ooit voorheen van belang. By die Getuienisforum probeer ons om sinvol uitdrukking te gee aan die roeping om saam, as broers en susters in die Here, aan projekte tot eer van Sy naam te werk.

Wasgoed in Mamelodi-Lusaka – Montagu Murray
Hoogtepunte van 2007
* Die CHICS – model word gevestig met ‘n kantoor en voltydse maatskaplike werk student by Mamelodi-Phahameng Gemeente
* Die skottelgoedseep projek gaan vooruit met Izak Setote aan die stuur
* Die geestelike- en ekonomiese bemagtiging-sinergie kom sinvol tot uitdrukking deurdat tuisbesoeke uitbrei na families wat seepmaak en deurdat families wat seepmaak ‘n erediens by Phahameng bywoon
* Lux Mundi nader Mamelodi lidmate om sweetpakke te maak vir hulle winterprojek
* Lourens Snyders, ‘n Valleisig-lidmaat, skakel vir ‘n tydperk in by die Mamelodi projek
* Lusaka families skakel in by ‘n erediens in Mamelodi
* Die Ubabalo sokkerprojek word gevestig met behulp van die bestaande Getuienisforum netwerk
* ‘n BEE donasie word vanaf ‘n industrie ontvang
* ‘n Lux Mundi groeigroep besoek families in die informele woongebied Lusaka en Faerie Glen lidmate besoek Stanza Bopape
Uitdagings / ruimte vir verbetering
* Lidmaat betrokkenheid bly steeds soos in die verlede ‘n uitdaging
* Preekbeurte word toenemend ‘n probleem. Deelnemende gemeentes is soms traag om predikers te reel om geskeduleerde preekbeurte te behartig. Daar word ook nie van die geleentheid gebruik gemaak om lidmate uit te nooi om in Mamelodi ‘n erediens by te woon nie
Erediens by Phahameng – Lourens Snyders
Doelstellings vir 2008
* Evalueer en verbeter die CHICS projek. Begin ouerleiding program en kleuterskool program
* Vestig die kerklike naaldwerkgroep
* Brei gemeentebetrokkenheid uit (meer gemeentelede betrokke by:erediensbesoeke, tuisbesoeke, steun van plaaslike CHICS kantoor en die Ubabalo sokkerprojek)
* Nader industriee om BEE steun te verleen aan die Thusano Mahaeng projek
* Ondersteun die Phahameng jeugkamp inisiatief
* Begin ‘n gesamentlike projek om die oorsake van misdaad te verstaan en die rol wat die kerk kan speel om hierdie probleem aan te spreek in projekvorm tot uiting te bring
* Vestig die maatskaplike werk pos by Phahameng
* Ondersoek die moontlikheid om Izak Setote nog meer as missionere diaken te benut

Uitsig vanaf Phahameng – Lourens Snyders
Ondersteuning / behoeftes
Die behoeftes bly dieselfde as in 2007 en sluit in:
* Begrip vir die tydsame aard van ontwikkelingswerk
* Groter entoesiasme vir ons preekbeurte en aktiewe hulp om lidmate te motiveer om hierdie eredienste saam met ons by te woon
* ‘n Bemarker wat die doelstellings en werkswyse van die Getuienisforum goed verstaan en kan kommunikeer na lidmate en groeigroepe
* Ad hoc finansiele toekennings soos die behoefte hom voordoen
* Voorbidding

Blik van ‘n Phahameng kleuter – Lourens Snyders


15 Januarie 2008 







No comments yet... Be the first to leave a reply!