SKOP vervang met kleiner Getuienisforums
Verkorte Relevante Besluite Van Skop Wat Op Die Algemene Vergadering Van Donderdag 14 Junie 2007 Geneem Is
- SKOP word so gou as moontlik vervang met kleiner getuienisforums wat die funksies van SKOP sal oorneem, naamlik
- die bou van verhoudinge,
- finansiële ondersteuning van die betrokke VGK-gemeente, en
- die aanpak van gesamentlike projekte tov diens en getuienis.
Hierdie getuienisforums sal gevorm word soos ingedeel by genoemde vergadering, met moontlike byvoeging van ander NG gemeentes wat sou belangstel. (Sien punt 8)
- Bogenoemde “ontbondeling” van werksaamhede in kleiner getuienisforums moet teen die einde van September 2007 afgehandel wees. Ds Louw het die taak ontvang om hierdie proses te begelei en fasiliteer. Ds Louw het spesifiek opdrag ontvang om ‘n paar gemeentes in die Ringe van Derdepoort, Villeria en Eloffsdal te werf wat saam met Mamelodi-Noord ‘n getuienisforum kan vorm.
- Die SKOP-dagbestuur, wat by die vergaderig saamgestel is, sal vroeg in Oktober 2007 byeen kom om die vordering met die ontbondelingsproses te monitor en aanbevelings aan ‘n volgende algemene vergadering te doen oor die verdere proses om SKOP in sy huidige vorm te ontbind.
- Met bogenoemde besluite as uitgangspunt, is daar besluit om dieselfde vlak van kwartaallikse subsidies aan VGK-gemeentes as verlede jaar uit te betaal, maar met die verskil dat dit slegs oor drie kwartale loop, dws tot die einde van Desember 2007. Dit beteken effektief dat 75% van verlede jaar se uitgawe-begroting vir die huiddige boekjaar goedgekeur word, en dat dit oor drie kwartale versprei word. Die te stigte nuwe getuienisforums sal versoek word om die finansële ondersteuning van die betrokke VGK-gemeentes in die laaste kwartaal van die huidge boekjaar, dws die eerste kwartaal van die kalenderjaar 2008, asook die volgende boekjaar en daarna voort te sit.
- Wat die inkomstebegroting van SKOP betref, word daar vir geen inkomste uit gemeentes begroot nie. Bogenoemde uitgawes word dus bekostig uit die reserwefonds. Indien gemeentes reeds vir SKOP begin bydra het, of voel dat hulle nog iets wil bydra, word dit met dank aanvaar, en sal daar by die ontbinding van SKOP oor die oorblywende fondse besluit word, in ooreenstemming met die bepalings van die konstitusie. Andersyds word gemeentes aangeraai om die besparing tov SKOP-bydraes beskikbaar te hou vir die uitgawes tov die nuwe te stigte getuienisforums wat in Januarie 2008 hul eerste finansiële subsidies aan die betrokke VGK-gemeente moet begin betaal.
6. INDELING VAN GEMEENTES BY TE STIGTE GETUIENISFORUMS IN DIE PLEK VAN SKOP (SKAKELKOMMISSIE OOSTELIKE PRETORIA)
By die algemene vergadering van SKOP op 14 Junie 2007, is die volgende indeling van gemeentes in voorgestelde getuienisforums gemaak en goedgekeur:
6.1 VGKSA MAMELODI-GEMEENTE
NG Gemeentes Meyerspark en Pretoria-Skuilkrans
Leiers/sameroepers: Ds Dirk Venter, dr Arno Meiring en ds Hendrick Moima
Hierdie VGK-gemeente het tydens die vorige boekjaar R29 200 van SKOP ontvang, en die huidige boekjaar slegs 75% daarvan, aangesien die SKOP-bydraes slegs tot einde Desember loop. Die twee NG Gemeentes het verlede jaar gesamentlik ongeveer R25 000 tot SKOP bygedra. Dit beteken dat hulle gesamentlik ongeveer R4 000 per jaar addisioneel sal moet bydra indien hulle die gemeente wil help om sy leraar op dieselfde vlak as tans te betaal.
6.2 VGKSA MAMELODI-NOORD
Die volgende NG Gemeentes sal deur ds Louw genader word mdo op die vorming van ‘n forum: Waverley, Eloffsdal, Villeria, Môregloed, en moontlik ook Kameeldrift. Hierdie gemeentes het in die verlede geen bydraes tot SKOP gedoen nie. Die gemeente Mamelodi-Noord het wel ‘n jaarlikse bydrae van R20 000 van SKOP ontvang. Hulle leraar en evangelis was beide tentmakers. Die leraar is vroeër vanjaar oorlede. Die NG gemeentes wat hier ingedeel is, word virendelik versoek om in gesprek en onderhandeling met die Mamelodi-Noord vas te stel wat hulle behoeftes is en watter ondersteuning nodig is om ‘n leraar te beroep.
Leiers/sameroepers: Ds Andries Louw, br Walther Seboni.
6.3 VGKSA MAMELODI-OOS
NG Gemeentes Suidoos-Pretoria, Pretoria-Oos
Leiers/sameroepers: Ds Tienie Bosman, ds Willard Sefara
Die gemeente het verlede jaar R27 500 van SKOP ontvang, en die twee NG gemeentes het gesamentlik ongeveer R20 100 tot SKOP bygedra. Hulle moet dus gesamentlik ongeveer R7 400 addisioneel bydra indien hulle die subsidie vir die gemeente op dieselfde vlak as voorheen wil behou.
6.4 VGKSA PRETORIA (EERSTERUST)
NG Gemeente Lynwoodrif,
Leiers/sameroepers: br Andrew Snyman, Antonie Welman
Die gemeente het tevore ‘n jaarlikse subsidie van R10 900 ontvang. Die NG Gemeente Lynwoodrif het tevore R16 500 tot SKOP se begroting bygedra. Indien hulle die VGK-gemeente wil ondersteun op dieselfde vlak as hul vorige bydrae tot SKOP, beteken dit dat die VGK-gemeente R5 600 per jaar addisioneel sal ontvang.
6.5 VGKSA MELODI YA TSHWANE
NG Gemeentes Waterkloof, Waterkloofrif, Monumentpark, Universiteitsoord en Pretoria
Leiers/sameroepers: Ds Jan de Beer, br Darmaraj Pillay.
Die VGK Gemeente Melodi Ya Tshwane het verlede jaar R21 900 van SKOP ontvang, terwyl die NG gemeentes gesamentlik ongeveer R30 000 tot SKOP se begroting bygedra het. Indien die bydraende gemeentes bereid is om hul huidige vlak van hulpverlening voort te sit, beteken dit dat die VGK-gemeente ongeveer R8 100 per jaar addisioneel ontvang. Dit kan die VGK-gemeente baie help met hul uitgawes tov ‘n voltydse leraar, wat die huur van ‘n woonstel in die middestad insluit.
6.6 VGKSA NELLMAPIUS
NG Gemeentes Tygerpoort, Lynnwood, Groenkloof
Leiers/sameroepers: Ds Willie Pieterse, ds Christoff Muller, ds Louis Thobela
Die VGK-gemeente Nellmapius is ‘n nuwe gemeente wat nog grootliks moet groei om die ontsaglike groeiende gebied van Nellmapius te bereik. Die emeritus-leraar ds Louis Thobela dien tans as ouderling/pastorale hulp in die gemeente en vervul eintlik maar die funksies van ‘’n leraar. Die gemeente het in die verlede R10 000 van SKOP ontvang, om ook erkenning te gee aan die feit dat ‘n groot klomp ontwikkelingswerk gedoen moet word, en dat ds Thobela tog vergoed moet word, al is hy ‘n emeritus. Die bydraende NG gemeentes het in die verlede gesamentlik ongeveer R33 000 per jaar tot SKOP se begroting bygedra.
Dit word aanbeveel dat die bydraende gemeentes wel vir hierdie bedrag begroot, maar dat dit nie as salaris-subsidie oorbetaal word voordat ‘n besluit geneem is dat ‘n leraar beroep word nie. Die alternatief is om hierdie fondse aan te wend om met die ontwikkeling van die kerkerf (omheining ens.) en die beplande kerkgebou en ander fasiliteite te help, terwyl die beplannning vir ‘n voltydse leraar voortgaan. Die NG Gemeentes sal deeglik saam met die VGK-gemeente moet beplan en talle struikelblokke te bowe moet kom om die VGK-gemeente in so ‘n posisie te plaas dat hy bevredigend, “selfstandig”, kan funksioneer. Dit kan ‘n groot en mooi projek wees waarin daar gesamentlik met ‘n koninkryksvisie gewerk word aan “kerkplanting” of “gemeentestigting” met die oog daarop om duisende onbereiktes in Nellmapius met die evangelie te bereik.
6.7 KAN (KERKLIKE AKSIE NOODHULP)
Al die NG Gemeentes binne die bestaande SKOP-struktuur sal jaarliks genader word met ‘n versoek vir ‘n donasie aan KAN (Kerklike Aksie Noodhulp) (riglyn: tussen R500 en R3 000 pj (tjeks asb aan VGKSA Noord Sinode KAN Nr. 2), met jaarlikse verslag oor projekte deur dr Daniël Maluleke. Miskien kan die gemeentes wat in effek minder sal bydra as in die verlede, oorweeg om hulle bydraes na KAN te kanaliseer. Die bank-inligting van KAN is soos volg: Rekeningnaam: VGKSA Noord Sinode KAN nr 2. Die bank is ABSA en die rekeningnommer 070 169 568. Die posadres van KAN is Posbus 33, Silverton 0127.
7. KONTAKBESONDERHEDE van teenwoordiges by SKOP-Vergadering 14 Junie 2007
Ds Jan De Beer NG Waterkloofrif 012 347 7285
DC G NG Waterkloofrif 012 347 6732
Ds Dirk Venter NG Meyerspark 012 803 6868
JC Pretorius NG Meyerspark 012 803 2416
Dr Daniël Maluleke KAN 082 770 8661
Ds Willard Sefara VGK Mamelodi-Oos 012 8033 065
Ds Louis Thobela VGK Nellmapius 012 805 4507
RD Sihlangu VGK Nellmapius 012 814 1665
Miriam Modise VGK Nellmapius 093 299 2886
Ds Willlie Pietersen NG Tygerpoort 083 232 1869
Dharmaraj Pillay VGK Melodi Ya Tshwane 082 775 4252
Ds MH Moima VGK Mamelodi 074 453 0727
Andrew Snyman VGK Pretoria (Eersterust) 076 300 5667
Ds Tienie Bosman NG Suidoos-Pretoria 083 627 5086
Ds Christoff Müller NG Groenkloof 082 301 5795
PM Mashego VGK Mamelodi-Oos 012 805 5583
SW Seboni VGK Mamelodi-Noord 083 445 9246
Opgestel deur ds ANE Louw, sekretaris van SKOP
Tel nr 012 805 3436 (K) of sel. nr 083 276 4476
Epos: anelouw@getuienisforum.org.za


15 Januarie 2008 







No comments yet... Be the first to leave a reply!