Kwa'ndebele - Hlanganani
Kwan’debele – Hlanganani
Gesamentlike Sendingkommissie vir Kwan’debele
Die Gesamentlike Sendingkommissie vir Kwan’debele het in die vroeë tagtigerjare tot stand gekom toe ‘n aantal gemeentes in die ooste van Pretoria, meestal uit die Ring van Pretoria-Faerie Glen, saam met die gemeentes Marble Hall en Middelburg, begin saampraat en saambid het oor die ontsaglike geestelike en maatskaplike nood van die mense in die Kwan’debele [...]
